Welkom

Ons is bly jy het jou pad na ons webwerf gevind. By Wilropark gemeente is daar een kernwaarde wat uitstaan bo al die ander en dit is dat ons die Koninkryk van God eerste stel in alles wat ons doen. As jy opreg soek na ‘n ontmoeting met die Here en ‘n gemeenskap wat jou in daardie soektog gaan ondersteun het jy by die regte plek aangekom!

Wat volgende?

Daar is ‘n paar maniere waarop jy kan inskakel by ons gemeente.

Die eerste manier is sekerlik ons dienste op ‘n Sondagoggend 09h00, meld gerus by ons i-desk in die voorportaal aan as dit jou eerste keer saam met ons is. Ons wil jou graag verwelkom en so tuis as moontlik laat voel.

Ons Sondagskool vir kinders tussen 2 en 13 jaar vind gelyklopend saam met die 09h00 diens plaas. Die Sondagskool is onder in die hoek van die perseel binne die Hennie Zeelie Sentrum. Vra gerus by die i-desk in die voorportaal vir aanwysings.

Op Sondagaande om 17h30 het ons ook die Rebelong diens. Hier kan jong volwassenes in ‘n gemaklike atmosfeer bymekaar kom.

Ons het op ‘n Woensdagoggend om 09h30 ‘n damesbiduur, alle dames is welkom.

Missie

Om ongelowige mense te lei om ware toegewyde navolgers van Jesus te wees deur:

Te groei in grootte as gevolg van uitreiking na die wêreld

Te groei in sterkte as gevolg van aanbidding

Te groei in warmte as gevolg van gemeenskap

Te groei in diepte as gevolg van dissipelskap

Te groei in breedte as gevolg van bediening

Daar is potensiaal in elke mens om dit te word en te wees wat God wil hê hy/sy moet wees. Deur die ontdekking en ontwikkeling van hierdie potensiaal kan ons almal ware navolgers van Hom wees.