Daar is ‘n paar maniere waarop jy kan inskakel by ons gemeente.
Die eerste manier is sekerlik ons dienste op ‘n Sondagoggend 09h00, meld gerus by ons i-desk in die voorportaal aan as dit jou eerste keer saam met ons is. Ons wil jou graag verwelkom en so tuis as moontlik laat voel.
Ons Sondagskool vir kinders tussen 2 en 13 jaar vind gelyklopend saam met die 09h00 diens plaas. Die Sondagskool is onder in die hoek van die perseel binne die Hennie Zeelie Sentrum. Vra gerus by die i-desk in die voorportaal vir aanwysings.
Op Sondagaande om 17h30 het ons ook die Rebelong diens. Hier kan jong volwassenes in ‘n gemaklike atmosfeer bymekaar kom.
Ons het op ‘n Woensdagoggend om 09h30 ‘n damesbiduur, alle dames is welkom.